Fotokursus

Or log in to access your purchased courses

Klik op Les 1.1 om met die kursus te begin!

Hier kan jy sien hoe jy vorder: Wanneer ’n les voltooi is, kry jy ’n groen regmerkie langsaan. Jy kan ook maklik terugbeweeg na ouer lesse of modules deur op die skakel te klik.

Modules

Module 1: Die boustene van fotografie

Leer ken jou kamera. Ons help jou om al daai knoppies te ontsyfer, voordat ons na beligting (“exposure”) kyk. Leer hoe die lensopening (“aperture”), sluiterspoed en ISO saamwerk, en hoe om dit te gebruik om die beste foto moontlik te neem. Leer hoe jou kamera lig lees en hoe die meter-verstellings van mekaar verskil. Ná dié module gaan jy en beligtingskompensasie (“exposure compensation”) beste maatjies wees

Lesse

Module 2: Komposisie en raming

Goeie foto’s gebeur bitter min toevallig. Komposisie is die sleutel tot ’n interessante foto. Dit maak nie saak of jou kamera ghrênd (en duur!) of ’n mik-en-druk is nie; met ’n paar eenvoudige komposisiereëls kan jy ’n andersins vervelige foto in iets besonders omskep. Hoe jy die elemente van ’n toneel in ’n foto rangskik, die kyker se aandag trek, of ’n duidelike stelling maak – dit is alles eienskappe van goeie komposisie.

Lesse

Module 5: Wenke, truuks en tydbespaarders

Noudat jy weet wat elke knoppie opjou kamera doen en die basiese beginsels van beligting verstaan, is dit tyd vir die lekker deel – foto’s neem! Hoe meer jy oefen, hoe beter gaan jy raak. Hier’s ’n paar nuttige wenke wat ’n kompas jou op jou fotografiereis kan wees.

Lesse