Neem Beter FOTO’S

BEÏNDRUK JOU VRIENDE EN FAMILIE MET JOU VAKANSIEFOTO’S

Ons is almal mal oor mooi foto’s, maar het nie noodwendig ure se tyd om daai dik kamera-handleiding te probeer ontsyfer nie. As jy ’n DSLR-kamera het en steeds huiwerig is om sonder die “Auto”- of “Program”-modus foto’s te neem, is dié kursus vir jou. Dit kos net R950. Komaan, rus jou toe met die kennis van ons kennerspan en kry groter selfvertroue as fotograaf.

LEER KEN JOU
KAMERA

Só gebruik jy al daai
knoppies

DOEN DIE BASIESE
GOED REG

Leer ken die boustene vir
beter foto’s

VERSTAAN
KOMPOSISIE

Gebruik die truuks van
professionele fotograwe

KOOP ’N GESKENKBEWYS VIR DIE KURSUS EN GEE DIT
AS GESKENK AAN ’N VRIEND OF FAMILIELID.

Perfekte geskenk vir Kersfees!

Begin enige tyd en van enige plek af

Gegradeerde lesse en vasvrae

Sertifikaat van voltooing

Wat sal ek leer?

Ons wys jou hoe om met jou kamera te werk, sodat jy geïnspireerd sal voel om die wêreld om jou, ’n leeu in die wildtuin, ’n mooi sonsondergang of jou kleinkinders af te neem. Vat jou tyd en werk rustig deur die 6 modules en kry waardevolle terugvoer van ons span.

MODULE 1

  • Die boustene van fotografie

MODULE 2

  • Komposisie en raming

MODULE 3

  • Praat die taal & wenke vir selfoonfoto’s

MODULE 4

  • Na-produksie

MODULE 5

  • Wenke, truuks en tydbespaarders

MODULE 6

  • Sosiale media en gedrukte foto’s

BYKOMENDE KURSUSSE

Die naghemel oortrek van flonkerende sterre, ver weg van stadsliggies, is darem net bekoorlik. Maar dit is nie so maklik om sulke tonele op kamera vas te vang nie. Wil jy leer hoe om die maan en die Melkweg af te neem, of sterre wat strepe deur die donkerte trek? Skryf dan in vir die nuwe module oor nagfotografie.

avatar

Byvoegkursus

Nagfotografie

Die naghemel oortrek van flonkerende sterre, ver weg van stadsliggies, is darem net bekoorlik. Maar dit is nie so maklik om sulke nagtonele op kamera vas te vang nie. Lees verder indien jy wil uitvind hoe om die maan en die Melkweg af te neem, of sterre wat strepe deur die donkerte trek.

STUDENTEGALERY