Sedert die ontstaan van Weg in 2004 is fotografie een van die pilare waarop dié reistydskrif steun. Ons joernaliste is bekend daarvoor dat hulle nie net goed skryf nie, maar ook treffende foto’s neem om die stories te ondersteun. Ons publiseer ook elke maand ’n fotoportefeulje deur ’n professionele fotograaf en ons gewilde “Mense se Lense”-afdeling gee aan lesers die kans om hulle eie foto’s in te stuur sodat dit deur een van ons kenners bespreek kan word.

Mettertyd het ons begin om fotografie-kursusse op verskillende plekke in die land aan te bied en gesien hoe waardevol dit vir ons lesers is om by ’n kenner te kan leer – in Afrikaans! Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nóg makliker beter foto’s te leer neem. Nou hoef jy nêrens heen te reis nie, jy kan die lesse in jou eie huis (en teen jou eie pas!) onder die knie kry én dis heelwat goedkoper as om ’n werkswinkel by te woon.