1 Inleiding en aanvaarding

1.1 Weg, ‘n afdeling van Media24 Eiendoms Beperk (Registrasienommer: 1950/038385/07) (“ons”, “Netwerk24”) verskaf die inligting wat op en via hierdie webwerf en ons amptelike webwerf weg.co.za vervat is (gesamentlik “die Dienskanale”) en adverteer en verkoop hierdie diens aan jou onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat hierin uiteengesit word en waarna hierin verwys kan word (“die Voorwaardes”), tensy anders vermeld. Vir die doeleindes van hierdie Voorwaardes beteken “Diens” toegang via die Dienskanale tot alle aanlyn inligting, e-poskorrespondensie, selfoonkorrespondensie, en alle inhoud op die Dienskanale, insluitend advertensies, foto’s, beeldmateriaal, artikels.

1.2 Die Voorwaardes spesifiseer hoe jy die Dienskanale en die Diens kan gebruik, toegang daartoe kan verkry, daarna kan verwys of dit kan bekyk (gesamentlik “gebruik”).

1.3 Ons kan op enige tydstip die Voorwaardes wysig (“die Gewysigde Voorwaardes”) en die Gewysigde Voorwaardes sal via die Dienskanale beskikbaar gestel word.

1.4 Elke keer wanneer jy die Diens gebruik, stem jy in om gebind te word deur die Voorwaardes en/of die Gewysigde Voorwaardes, na gelang van die geval.

2 Ons sal jou persoonlike inligting privaat hou

Ons sal enige persoonlike inligting wat ons ontvang wanneer jy die Diens gebruik, beskerm en slegs gebruik soos in ons Privaatheidsbeleid uiteengesit word.

3 Jy moet registreer om die Diens te gebruik

3.1 Ons adverteer die Diens as ‘n uitnodiging aan jou om te registreer om die Diens te gebruik. Om die registrasieproses te begin, moet jy jou naam, van, e-posadres, kontaknommer, geboortedatum, geslag en ‘n wagwoord (“Registrasie-inligting”) op die toepaslike blad van die Dienskanaal invul.

3.2 Ons sal die geldigheid van jou e-posadres nagaan deur vir jou ‘n outomatiese e-posboodskap te stuur wat ‘n verifiëringskakel bevat. Wanneer jy op hierdie verifiëringskakel klik, sal jy na ‘n bladsy gelei word wat bevestig dat jou e-posadres geverifieer is. Sodra dit gebeur het, begin die ooreenkoms vir jou gebruik van die Diens.

3.3. Wanneer jy registreer om die Diens te gebruik, kan jy die opsie kies om ons nuusbriewe te ontvang. Jy kan ter enige tyd jou besonderhede van hierdie lyste verwyder ten einde geen verdere korrespondensie via hierdie kanale te ontvang nie. Hierdie keuse kan onder aan die skakels op ons nuusbriewe gedoen word.

4 Gelde en betaling

4.1 As ons nie binne sewe dae ná intekening jou betaling ontvang nie, sal ons jou toegang tot die Diens opskort.

4.2 Jy kan per kredietkaart betaal.

5 Gebruik jou Aanmeldbesonderhede om toegang tot die Diens te verkry

5.1 Elke keer wanneer jy toegang tot die Diens wil verkry, moet jy aanmeld met die e-posadres en wagwoord (“Aanmeldbesonderhede”) wat as deel van jou Registrasie-inligting aan jou verskaf is.

5.2 Bewaar jou Aanmeldbesonderhede op ‘n veilige plek om ongemagtigde toegang tot die Diens te verhoed. As jy vermoed dat daar ongemagtigde toegang verkry is of kon gewees het deur jou Aanmeldbesonderhede te gebruik, moet jy:

5.2.1 jou Aanmeldbesonderhede verander, of

5.2.2 vir ons e-pos by neembeterfotos@weg.co.za

5.3 Wanneer jy ons per e-pos opdrag gee om toegang te blokkeer, sal ons dit onmiddellik doen en jou laat weet of ons werklike of vermoedelike ongemagtigde toegang opspoor.

6 Inhoud wat jy verskaf

6.1 Alle inligting wat jy stuur, moet waar, akkuraat, aktueel en volledig wees. Jy mag nie ‘n wanvoorstelling van jou identiteit gee nie. Al hierdie inligting moet bygewerk en akkuraat wees.

6.2 Jy waarborg voorts dat jy gemagtig is om sodanige inhoud aan ons te verskaf.

6.3 Verwys na die Privaatheidsbeleid van Media24 om te sien hoe ons met jou persoonlike inligting omgaan.

7 Kommunikasie wat van jou af kom

Ons kan aanvaar dat alle elektroniese kommunikasie wat redelikerwys lyk of dit afkomstig is van jou of van ‘n persoon wat jy ons laat weet het gemagtig is om namens jou op te tree (gesamentlik “die opsteller”), wel van jou af kom en dat die vorm waarin ons dit ontvang dieselfde is as die vorm waarin dit die eerste keer gestuur is.

8 Beskerming van die integriteit van die Dienskanale

8.1 Jy mag nie:

8.1.1 enige robot, snuffelprogram, skraper , diep skakel of ander soortgelyke geoutomatiseerde dataversamelings- of onttrekkingshulpmiddel, program, algoritme of metodologie gebruik om sonder ons uitdruklike skriftelike toestemming toegang tot die Dienskanale of enige te kry of dit te verkry, te kopieer of te monitor nie;

8.1.2 enige enjin, sagteware, nutsprogram, agent of ander toestel of meganisme (insluitend, sonder beperking, blaaiers, snuffelprogramme, robotte, avatars of intelligente agente) gebruik of probeer gebruik om die Dienskanale te navigeer of deur te soek nie, behalwe die soekenjins en soekagente wat deur die Dienskanale beskikbaar is en algemeen beskikbare derdeparty-webblaaiers;

8.1.3 enige lêer wat virusse, wurms, ‘n Trojaanse perd of ander kontaminerende of destruktiewe kenmerke bevat, of wat andersins met die behoorlike werking van die Dienskanale inmeng, plaas of stuur nie;

8.1.4 probeer om die sagteware waaruit die Dienskanale bestaan of wat op enige wyse deel daarvan uitmaak, te ontsyfer, dekompileer, ontrafel of terugwaarts te ontwerp nie;

8.1.5 enige van die inligting op die Dienskanale vir jou eie sakedoeleindes herversprei of andersins gebruik nie, tensy jy uitdruklik skriftelik deur ons gelisensieer is om dit te doen;

8.1.6 die Dienskanale gebruik op ‘n wyse wat ons, ons besigheid en/of enige van ons geaffilieerdes ‘n slegte naam sal gee nie;

8.1.7 vir onwettige doeleindes toegang tot die Dienskanale kry of dit gebruik op ‘n wyse wat ons regte of die regte van enige ander persoon skend of die gebruik of genot van ons rekenaarstelsels deur ‘n ander persoon beperk of verhinder nie;

8.1.8 materiaal op die Dienskanale plaas of daarheen stuur wat onwettig is of ‘n derde party se regte skend, of obseen, misleidend, onjuis, lasterlik, onwettig of strydig met kopiereg of ander intellektuele eiendomsreg is, of skadelik vir data, sagteware of die werkverrigting van ons of enige ander partye se rekenaarstelsel is nie.

8.2 Ons kan op enige tydstip sonder kennisgewing materiaal wat jy via die Dienskanale gestuur het, skrap en/of jou gebruik van enige deel van die Diens opskort.

9 Verbreking van hierdie Voorwaardes

Indien enigeen van ons (“die Party in Verstek”) hierdie Voorwaardes verbreek of versuim om die verbreking binne veertien dae na ontvangs van skriftelike kennisgewing van die ander party (“die Veronregte Party”) reg te stel, mag die Veronregte Party, sonder benadeling van sy ander regte volgens wet, die Diens beëindig of onmiddellike spesifieke nakoming van al die Party in Verstek se verpligtinge eis, ongeag of die verpligtinge nou nagekom moet word of nie.

10 Ons intellektuele eiendom

10.1 Ons besit of is gelisensieer om alle intellektuele eiendomsregte in alle materiaal, tekeninge en data (gesamentlik “die Materiaal”) te gebruik wat op die Dienskanale beskikbaar gestel word. Dit sluit nie jou Persoonlike Inligting in wat altyd aan jou sal behoort en slegs in ooreenstemming met ons Privaatheidsbeleid deur ons gebruik sal word nie.

10.2 Enige ongemagtigde reproduksie, verspreiding, afgeleide skepping, verkoop, uitsending of ander sirkulasie of aanwending van al die Materiaal of enige deel daarvan, is ‘n skending van ons regte.

10.3 Ons besit of is gelisensieer om die Handelsmerke, name, logo’s en diensmerke (gesamentlik “Handelsmerke”) te gebruik wat op die Dienskanaal vertoon word, ongeag of hulle geregistreer of ongeregistreer is. Jy moet ons skriftelike toestemming kry indien jy ‘n Handelsmerk wil gebruik.

11 Eksterne skakels

Eksterne skakels kan vir jou gerief verskaf word, maar hulle is buite ons beheer en ons doen geen voorstelling oor hul inhoud nie. Indien jy eksterne skakels gebruik of daarop staatmaak, is dit op eie risiko. Wanneer jy eksterne skakels besoek, moet jy kennis neem van die betrokke eksterne webwerf se bepalings en voorwaardes.

12 Waarborge

12.1 Hoewel ons altyd probeer verseker dat die Dienskanale beskikbaar is, word die Diens en Dienskanale sonder waarborg aangebied. Onderhewig aan die Wet op Verbruikersbeskerming No. 68 van 2008, saamgelees met enige van sy Regulasies (gesamentlik “die WVB”), gee ons geen waarborge, voorstellings, verklarings of waarborge (hetsy uitdruklik, stilswyend of residueel) in hierdie verband nie.

12.2 Onderhewig aan die WVB,

12.2.1 ontken ons alle geïmpliseerde waarborge van bemarkbaarheid of geskiktheid vir ‘n bepaalde doel;

12.2.2 waarborg ons nie dat die Dienskanale en die inligting wat hulle bevat, die Diens of enige afvoer voortvloeiend uit jou gebruik van die Diens, of enige waarskuwing,

12.2.2.1 aan jou vereistes sal voldoen nie;

12.2.2.2 ononderbroke, betyds, beveilig en foutvry sal wees nie;

12.2.2.3 aan ‘n bepaalde maatstaf van akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid, prestasie of gehalte sal voldoen nie;

12.2.2.4 vry sal wees van virusse of enige ander data of kode wat die vermoë het om die werking van jou rekenaar, data of netwerk te korrupteer of nadelig te beïnvloed nie.

12.3 Geen inligting wat jy by ons en/of ons gemagtigde diensverskaffers deur of van die Diens verkry, sal ‘n waarborg deur ons of die betrokke diensverskaffer skep nie.

12.4 Jy waarborg dat

12.4.1 jy wettige aanspraak op toegang tot die Dienskanale en gebruik van die Diens het;

12.4.2 jy al die nodige toestemmings het, en vir die duur van die Voorwaardes sal hê, om die Diens te gebruik;

12.4.3 jy die bevoegdheid het om deur die Voorwaardes gebind te word.

13 Ons en jou aanspreeklikheid word beperk

13.1 Nóg ons nóg ons direkteure sal aanspreeklik wees vir skade (behalwe voortvloeiend uit ons bedrieglike optrede of growwe nalatigheid) van enige aard wat direk of indirek veroorsaak kan word deur of toeskryfbaar is aan

13.1.1 die Dienskanale;

13.1.2 jou gebruik van of staatmaking op inligting wat op of via die Dienskanale aangebied word;

13.1.3 jou doen of late;

13.1.4 ‘n verbreking van die Voorwaardes deur jou;

13.1.5 die feit dat ons handel volgens jou opdragte of opdragte wat na bewering van jou af kom;

13.1.6 onwettige toegang tot of monitering van inligting wat aan ons gestuur word;

13.1.7 enige fout of weglating ten opsigte van inligting wat aan ons gelewer word.

13.2 Jy sal nie aanspreeklik wees nie vir skade (behalwe voortvloeiend uit jou bedrieglike optrede of growwe nalatigheid) van enige aard wat direk of indirek veroorsaak kan word deur of toeskryfbaar is aan

13.2.1 ons doen of late;

13.2.2 ‘n verbreking van die Voorwaardes deur ons.

13.3 Indien bevind word dat ons aanspreeklik is, word ons aanspreeklikheid beperk tot ‘n bedrag gelyk aan die gelde wat jy aan ons betaal het vir die Diens, vir ‘n tydperk van een maand voordat die skuldoorsaak ontstaan het.

13.4 Nóg ons nóg jy sal aanspreeklik wees vir indirekte of voortvloeiende verlies of skade van enige aard, en ongeag hoe dit kan ontstaan.

14 Jy vrywaar ons

Jy vrywaar ons teen enige derdeparty-eise, skadevergoeding of koste (redelike prokureursgelde ingesluit) wat veroorsaak word of toeskrybaar is aan jou

14.1 doen of late;

14.2 verbreking van hierdie Voorwaardes.

15 Adres vir regskennisgewings

15.1 Jy stem in om enige kennisgewing of regsproses met betrekking tot hierdie Voorwaardes te ontvang by die e-posadres wat tydens die registrasieproses verskaf is.

15.2 Jy moet enige kennisgewing of regsproses met betrekking tot hierdie Voorwaardes stuur na ons adres soos in klousule 31 uiteengesit is. Ons kan ons straatadres (na enige ander straatadres in Suid-Afrika), ons telefoonnommer en faksnommer verander en ons sal jou van sodanige verandering in kennis stel.

16 Dit is die enigste ooreenkoms tussen jou en ons

16.1 Hierdie Voorwaardes is die enigste rekord van die ooreenkoms tussen jou en ons in verband met die Diens. Nie een van ons word gebind deur enige uitdruklike, stilswyende of geïmpliseerde voorstelling of waarborg wat nie in hierdie Voorwaardes opgeteken is nie.

16.2 Hierdie Voorwaardes vervang alle vorige skriftelike en mondelinge kommunikasie tussen ons oor die Diens.

16.3 Indien enigeen van ons ‘n vergunning of langer tyd aan die ander toestaan, sal dit nie enige van ons regte ophef of beperk nie, tensy ons uitdruklik skriftelik instem om die regte op te hef of te beperk.

17 Ons kan ons regte met kennisgewing aan jou oordra

Indien ons ons bates saamsmelt, verkoop of op ‘n ander wyse oordra en dit die oordrag van ons regte en verpligtinge ingevolge hierdie Voorwaardes aan ‘n derde party behels, sal ons jou laat weet voordat ons dit doen. Indien jy nie met die oordrag van ons regte en verpligtinge akkoord gaan nie, kan jy jou gebruik van die Diens met ingang van die datum van oordrag of oormaking beëindig.

18 Elke voorwaarde is skeidbaar

Indien enige bepaling van hierdie Voorwaardes onafdwingbaar is of word in ‘n jurisdiksie, sal die onafdwingbare aspek van daardie bepaling in sodanige jurisdiksie hanteer word asof dit nie by die Voorwaardes ingesluit is nie. Die oorblywende bepalings van die Voorwaardes sal geldig bly.

19 Oorgrens-oordrag van jou inligting

Van ons gemagtigde diensverskaffers kan buite Suid-Afrika gesetel wees. Jy stem in tot die oorgrens-oordrag van jou persoonlike inligting, sodat ons die Diens aan jou kan lewer. Ons sal sorg dat al sodanige gemagtigde diensverskaffers elk ‘n beveiligings- en privaatheidsbeleid en prosedures in plek het om minstens dieselfde vlak van beskerming as ons Voorwaardes te bied.

20 Kinders kan die Diens slegs met toestemming gebruik

Indien jy jonger as 18 is, kan jy die Diens slegs met die toestemming en betrokkenheid van ‘n ouer of ander regtens bevoegde persoon gebruik. Ons behou die reg voor om jou om inligting te vra wat nodig is om te bewys dat jy 18 jaar oud of ouer is, of dat jy die Diens met die toestemming en betrokkenheid van ‘n ouer of regtens bevoegde persoon gebruik.

21 Gebeure of omstandighede buite ons beheer

21.1 Indien gebeure of omstandighede buite ons redelike beheer (“force majeure”) enigeen van ons (die “Geaffekteerde Party”) verhoed om enige van ons verpligtinge na te kom, sal daardie verpligtinge opgeskort word in soverre en so lank as wat die Geaffekteerde Party verhoed word om die verpligtinge na te kom.

21.2 Indien die force majeure meer as veertien dae voortduur, kan die Geaffekteerde Party die Voorwaardes beëindig deur die ander party kennis te gee.

21.3 Force majeure sluit die volgende in: ‘n onafwendbare natuurramp (“vis major”), ‘n onbeheerbare ongeluk (” casus fortuitous”), natuurkrag, staking, diefstal, oproer, ontploffing, opstand, oorlog (hetsy verklaar of nie), militêre bedrywighede, aftyd van ‘n eksterne telekommunikasielyn, kragonderbreking, internasionale beperkings, enige vereiste van ‘n internasionale owerheid of ‘n regering of ander bevoegde plaaslike owerheid, of ‘n hofbevel.

22 Jou navrae en klagtes

Rig asseblief enige navrae of klagtes per e-pos aan neembeterfotos@weg.co.za

23 Die wet is op hierdie Voorwaardes van toepassing

23.1 In die geval van ‘n konflik tussen hierdie Voorwaardes en die WVB sal die WVB geld.

23.2 Hierdie Voorwaardes is onderhewig aan en word uitgelê ooreenkomstig die wette van die Republiek van Suid-Afrika, sonder om uitvoering te gee aan enige regskonflikbeginsels.

23.3 Jy onderwerp jou aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika oor enige dispuut oor die Dienste of die Voorwaardes.

24 Addisionele inligting

24.1 Volle naam: Weg, ‘n afdeling van Media24 Eiendoms Beperk (Registrasienommer: 1950/038385/07) Maak ek hierdie net Weg?

24.2 Straatadres (insluitend vir ontvangs van diens):

Media24-sentrum
Heerengracht 40
Kaapstad 8001

Posbus 2271
Kaapstad 8000
Suid-Afrika

24.3 Telefoonnommer: Tel +27 21 406 2121

24.4 Faksnommer: +27 21 406 3366

24.5 Webadres: http://www.media24.com

24.6 E-posadres – Maatskappysekretaris: Lurica.Klink@media24.com

24.7 Direkteure: RCC Jafta (Voorsitter / Chair), E Weideman (Uitvoerende hoof / Chief executive officer), SS de Swardt, GM Landman, JP Bekker,D Meyer, HSS Willemse, JC Held, TD Petersen, A Mayman

24.8 Sekretaris / Secretary: LJ Klink

25 Bewys van datum van uitreiking en weergawe van Voorwaardes

Tensy die teendeel bewys word, sal ‘n sertifikaat wat deur een van ons Direkteure geteken is genoegsame bewys wees van

25.1 die datum van uitreiking en die inhoud van die Voorwaardes en nuwe Voorwaardes;

25.2 die datum van uitreiking en die inhoud van vroeëre weergawes van die Voorwaardes;

25.3 die datum en inhoud van enige kommunikasie en kennisgewings wat ingevolge die Voorwaardes gestuur is.

Kopiereg van hierdie Voorwaardes berus by Weg.
Hierdie dokument is laas bygewerk op 1 Maart 2018