COPYRIGHTED TO WEG AND GO MAGAZINE MEDIA24

Wimpie Muller

Die aanlynkursus het my meer selfvertroue gegee om met verstellings te eksperimenteer. Wanneer ’n mens buite foto’s neem, moet jy dinge soos bewegings en lae lig in ag neem; dus moet jy jou kamera goed ken. Omdat ek ver van alles af woon, is dit nuttig om die kursus op my eie en teen my eie pas te voltooi. Die fotoneemgogga het ook my vrou gebyt en ons kan nou saam oefen.