LEER KEN JOU KAMERA

Só gebruik jy al daai knoppies

DOEN DIE BASIESE GOED REG

Leer ken die boustene vir beter foto’s

VERSTAAN KOMPOSISIE

Gebruik die truuks van professionele fotograwe

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Headline_Widget”][/siteorigin_widget]

Ons is almal mal oor mooi foto’s, maar het nie noodwendig ure se tyd om daai dik kamera-handleiding te probeer ontsyfer nie. As jy ’n DSLR-kamera het en steeds huiwerig is om sonder die “Auto”- of “Program”-modus foto’s te neem, is dié kursus vir jou. Dit kos net R950. Komaan, rus jou toe met die kennis van ons kennerspan en kry groter selfvertroue as fotograaf.

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Headline_Widget”][/siteorigin_widget]

Ons wys jou hoe om met jou kamera te werk, sodat jy geïnspireerd sal voel om die wêreld om jou, ’n leeu in die wildtuin, ’n mooi sonsondergang of jou kleinkinders af te neem. Vat jou tyd en werk rustig deur die 6 modules en kry waardevolle terugvoer van ons span.

MODULE 1

DIE BOUSTENE VAN FOTOGRAFIE

Leer ken jou kamera. Ons help jou om al daai knoppies te ontsyfer, voordat ons na beligting (“exposure”) kyk. Leer hoe die lensopening (“aperture”), sluiterspoed en ISO saamwerk, en hoe om dit te gebruik om die beste foto moontlik te neem. Leer hoe jou kamera lig lees en hoe die meter-verstellings van mekaar verskil. Ná dié module gaan jy en beligtingskompensasie (“exposure compensation”) beste maatjies wees.

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

MODULE 2

KOMPOSISIE EN RAMING

Goeie foto’s gebeur bitter min toevallig. Komposisie is die sleutel tot ’n interessante foto. Dit maak nie saak of jou kamera ghrênd (en duur!) of ’n mik-en-druk is nie; met ’n paar eenvoudige komposisiereëls kan jy ’n andersins vervelige foto in iets besonders omskep. Hoe jy die elemente van ’n toneel in ’n foto rangskik, die kyker se aandag trek, of ’n duidelike stelling maak – dit is alles eienskappe van goeie komposisie.

MODULE 3

PRAAT DIE TAAL & WENKE VIR SELFOONFOTO’S

Moeg daarvoor om woorde soos RAW, JPEG, “pixel length”, “crop vs full frame” te hoor en g’n idee te hê wat dit beteken nie? Ons verduidelik dié terme in diepte en help jou besluit watter die beste vir jou sal werk. Jou slimfoon is die Swiss Army-mes van die moderne lewe. En sy beste funksie is die kamera. Hoekom? Want dis altyd by jou!

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

MODULE 4

NA-PRODUKSIE

Hulle sê die enigste verskil tussen ’n professionele en ’n amateurfotograaf is dat die pro net sy beste foto’s wys. Digitale fotografie het die donkerkamer na jou lessenaar verskuif. Om jou foto’s te redigeer en verbeter met foto-sagteware, is noodsaaklike vaardighede om aan te leer. Dié module wys jou hoe.

MODULE 5

WENKE, TRUUKS EN TYDBESPAARDERS

Noudat jy weet wat elke knoppie opjou kamera doen en die basiese beginsels van beligting verstaan, is dit tyd vir die lekker deel – foto’s neem! Hoe meer jy oefen, hoe beter gaan jy raak. Hier’s ’n paar nuttige wenke wat ’n kompas jou op jou fotografiereis kan wees.

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Image_Widget”][/siteorigin_widget]

MODULE 6

SOSIALE MEDIA EN GEDRUKTE FOTO’S

Jy het al die harde werk ingesit. Moenie laat dit nou op jou hardeskyf bly sit nie. Deel dit op Instagram sodat die wêreld dit kan sien. Ontwerp en druk ’n mooi koffietafelboek met al julle herinneringe vir ouma en oupa. In hierdie module wys ons jou wat jy met jou foto’s kan doen.

[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Hero_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Headline_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Simple_Masonry_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Button_Widget”][/siteorigin_widget]
[siteorigin_widget class=”SiteOrigin_Widget_Hero_Widget”][/siteorigin_widget]