Landing

Die Neem Beter Foto’s-aanlynkursus stel jou bekend aan die basiese beginsels van fotografie en kweek tegniese vaardighede.

  • E-pos ‘n inskrywing aan enigeen
  • Doen op jou eie tyd op enige plek
  • Word getoets op elke les
  • Sertifikaat van voltooiing
Shelley Christians
Role & Company: Fotoredakteur Weg! en go!
Ons het dié kursus ontwerp sodat jy teen jou eie pas – sonder enige druk – kan leer. Die kursus sal enige leek help om fotografietaal te kan verstaan – ingewikkelde fotokonsepte word aan die hand van beelde verduidelik. Weg se lesers reis na fantastiese plekke en ons wil seker maak hulle vang dit vas.
Ashley Teixeira

Weg se aanlynkursus het my al baie geleer. Dis fantasties vir amateurfotograwe – beslis elke sent werd!

Irma Ferreira

Die afdelings in “Neem beter foto’s” is goed geskryf en verduidelik konsepte in eenvoudige taal. Die wenke het my ook baie gehelp.

Ilze Viljoen Kotze

Ek het die aanlynfotokursus baie geniet en ek is sedertdien passievol oor foto’s neem.

COPYRIGHTED TO WEG AND GO MAGAZINE MEDIA24
Wimpie Muller

Die aanlynkursus het my meer selfvertroue gegee om met verstellings te eksperimenteer. Wanneer ’n mens buite foto’s neem, moet jy dinge soos bewegings en lae lig in ag neem; dus moet jy jou kamera goed ken. Omdat ek ver van alles af woon, is dit nuttig om die kursus op my eie en teen my eie pas te voltooi. Die fotoneemgogga het ook my vrou gebyt en ons kan nou saam oefen.

Wat leer ’n mens?

Jy kry 26 lesse in 6 modules wat basiese fotoneemvaardighede dek, asook gevorderde onderwerpe en tegnieke.

  • Die Boustene van Fotografie
  • Komposisie en Raming
  • Praat die Taal & Wenke vir Selfoonfoto’s
  • Na-Produksie
  • Wenke, Truuks en Tydbespaarders
  • Sosiale Media en Gedrukte Foto’s

  • E-pos ‘n inskrywing aan enigeen
  • Doen op jou eie tyd op enige plek
  • Word getoets op elke les
  • Sertifikaat van voltooiing